Dokumentêr ontbloot misdrywe by TB Joshua se kerk
’n Driedelige dokumentêr van die BBC het lig gewerp op die verborge lewe van wyle pastoor TB Joshua, stigter van die Synagogue Church of All Nations. Die dokumentêr wat sy eerste segment vandag vrygestel het, ontbloot gevalle van seksuele uitbuiting, vals wonderwerke, toesmeerdery en manipulasie wat oor twee dekades strek. Die BBC het onderhoude gevoer met minstens 30 voormalige lede en werkers van die kerk. Die dokumentêr is getitel The Cult of TB Joshua. Die plaaslike uitsaaier berig dat plaaslike media persoonlikheid Jessica Kaimu, van “Jessica we are live-faam” ook deel was van die dokumentêr en ook ‘n slagoffer was.
Leave a Reply