Draadstrikke neem met 200% toe in Kruger
Wildstropery deur middel van strikke in die Krugerwildtuin het die afgelope drie jaar meer as verdriedubbel en sodoende ekotoerisme geknou. Daar word berig die omgewingsminister Barbara Creecy, sê dié vorm van stropery het van 2020 tot verlede jaar met meer as 200 persent gestyg, wat ‘n toename van 14 000 strikke is. Sy sê geen spesifieke navorsing is sover gedoen om die hoofredes vir die stel van strikke te bepaal nie. Creecy meen toenemende armoede onder gemeenskappe langs die wildtuin kan dalk tot die situasie bydra.
Leave a Reply