Drie dae en 62 draadstrikke om Okaukuejo verwyder
Die Namibiese omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende voorkoms van draadstrikke in Etosha Nasionale Park. In ‘n verklaring sê die ministerie dat daar is onlangs foto’s geneem van diere, in die jongste geval, ‘n leeu, met draadstrikke. Daar is ongeveer 400 gemeenskapslede in die park en die ministerie het ‘n spesiale gesamentlike operasie geloods om draadstrikke in en om Okaukuejo te verwyder. In drie dae is 62 strikke in die gebied verwyder. Die stel van strikke is onwettig en die verwydering daarvan vorm deel van die ministerie se daaglikse bedrywighede in die park.
Leave a Reply