Drie Springbokke versterk Stormers
Die span van die Stormers is versterk met die terugkeer van drie Springbokke wat die Wêreldbeker ingepalm het. Agterspelers Manie Libbok en Damian Willemse, asook losvoorspeler Deon Fourie, is in die beginspan van hoofafrigter John Dobson opgeneem vir môre se kragmeting in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Italiaanse span, Zebre, in Stellenbosch. Losskakel Libbok is saam met nog ʼn Bok, Herschel Jantjies, die skakelpaar. Volgens Dobson is dit ʼn belangrike inspuiting vir sy sukkelende span om die Bokke en ander sleutelspelers terug te hê na ʼn teleurstellende oorsese toer.
Leave a Reply