Drie vermeende beesdiewe verskyn in Otavi-hof
Drie vermeende beesdiewe verskyn vandag in die landdroshof op Otavi. Volgens die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek is drie beeste ter waarde van 30 000 Namibiese dollar Sondag op die plaas Ondjondjo in die Otavi-distrik gesteel en geslag. Drie 50 kilogram sakke vars vleis is gevind en drie manlike Namibiese verdagtes van 30, 27 en 41 jaar is Donderdag in Otavi aangekeer ná ‘n wenk van die publiek. Otjozundjupa is die brandpunt van veediefstal in die land met meer as 465 gevalle, volgens die streeksgoewerneur, James Uerikua.
Leave a Reply