Duisende in Vladivostok vir eknomiese beraad
Die Russiese stad Vladivostok het duisende deelnemers vir die 8ste Oostelike Ekonomiese Forum verwelkom om ekonomiese en kulturele uitruilings tussen die streke van die Asië-Stille Oseaan te bevorder. Die forum sal na verwagting ongeveer 7 000 deelnemers lok met meer as 60 sakegeleenthede wat handel, belegging, infrastruktuur, energie, toerisme, onderwys en kultuur dek wat bespreek sal word. President Vladimir Putin sal Woensdag die byeenkoms toespreek. Rusland ervaar toenemende isolasie na sy inval in die Oekraïne.
Leave a Reply