Duitse leier ontbind parlement, bevestig verkiesingsdatum
President Frank-Walter Steinmeier het Duitsland se parlement ontbind en die verwagte datum vir ‘n vroeë algemene verkiesing bevestig na verlede maand se ineenstorting van Olaf Scholz se regering. Scholz se koalisie is gekelder deur interne gevegte oor hoe om Europa se grootste ekonomie te laat herleef, maar ‘n dodelike motoraanval op ‘n Kersmark verlede week het heftige debatte laat opvlam oor sekerheid en immigrasie. Steinmeier het 23 Februarie bevestig as verkiesingsdatum en die behoefte aan politieke bestendigheid beklemtoon. Hy vra ‘n respekvolle en ordentlike verkiesingsveldtog.