Duitsers begin met Markus Jooste uitlewering
Duitse owerhede het met die uitleweringsproses vir die Suid-Afrikaanse sakemagnaat, Markus Jooste, begin nadat sy appèlaansoek teen ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming verlede maand geweier is. Duitsland wil hê die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff moet teregstaan op twee aanklagte van bedrog na sy versuim om in April in die hof in Oldenburg te verskyn. ‘n Regskenner in Duitsland, Julius Hagen, sê ‘n uitlewering is hoogs onwaarskynlik aangesien die Duitse grondwet die uitlewering van burgers verbied aan state wat nie in die Europese Unie is nie. Dit beteken Duitsland sal Suid-Afrika ‘n guns vra wat nie terugbetaal gaan word nie.
Leave a Reply