Duitsers sal nie Abbas vervolg vir rassehaat nie
Duitse aanklaers het besluit die Palestynse president Mahmud Abbas se kommentaar oor die Holocaust tydens ‘n besoek verlede jaar kom neer op die aanhitsing van rassehaat, maar hulle gaan nie ‘n strafregtelike saak maak nie, vanweë sy diplomatieke immuniteit. Die polisie in Berlyn het in Augustus 2022 ‘n ondersoek van stapel gestuur na aanklagte wat Abbas beskuldig dat hy die Holocaust tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Duitse kanselier Olaf Scholz ligtelik afgemaak het. Tydens die nuuskonferensie, wat meer as ‘n jaar voor die huidige oorlog tussen Israel en Hamas gehou is, het Abbas Israel beskuldig dat hy sedert 1947 ‘50 volksmoorde’ teen Palestyne gepleeg het.
Leave a Reply