Duitsland sal moet stem
‘n Mosie van wantroue in Kanselier Olaf Scholz van Duitsland het geslaag, twee maande nadat sy drieparty-koalisieregering in duie gestort het. Scholz het die self die mosie ingestel en het verwag dat hy dit gaan verloor sodat hy ‘n vroeë algemene verkiesing kan uitroep. Dit baan nou die weg vir ‘n verkiesing binne 60 dae, wat op 23 Februarie gehou sal word. Scholz het ter verdediging van sy besluit oor ‘n vroeë verkiesing aangevoer dat die onenigheid in die regering nie langer geduld kan word nie.