Dupont een stap nader aan kwarteindstryd
Rugby: Die kaptein van Frankryk, Antoine Dupont, is ʼn betekenisvolle stap nader daaraan om in die naweek se Wêreldbeker kwarteindstryd teen die Springbokke te speel, nadat die chirurg wat sy gekraakte wangbeen geopereer het, hom die groen lig gegee het om weer voluit te oefen. Die 26-jarige skrumskakel is in die wedstryd teen Namibië in ʼn meedoënlose duikslag beseer en is geopereer voor hy hom ʼn week later weer vir ligte oefeninge by die span aangesluit het. Die groen lig beteken die klipharde skrumskakel mag weer in die middel van die aksie wees. Suid-Afrika speel Sondag teen die gashere.
Leave a Reply