Dupont is uit die Sesnasies-reeks
Frankryk se 15-man-kaptein, Antoine Dupont, gaan volgende jaar die Sesnasies-reeks misloop sodat hy sewes kan speel op die Olimpiese Spele in Parys. Die skrumskakel is ook die kaptein van Toulouse en is die tweede keer as die Top 14 se speler van die jaar aangewys, maar dis onseker of hy steeds vir die klub gaan speel wanneer hy vroeg volgende jaar oorskakel na sewes. Eurosport berig Dupont se afwesigheid in die Sesnasies sal ʼn probleem skep vir die toetsafrigter, Fabian Galthié, wat nou ʼn nommer nege en ʼn kaptein moet aanwys.
Leave a Reply