ECN hoe toetslopie vir mobiele registrasie-stelsel
Die Namibiese Verkiesingskommissie hou volgende week Woensdag tot Vrydag ‘n toetslopie om sy nuwe geïntegreerde mobiele registrasie-stelsel te toets. Daar sal voorbereidingsregistrasies wees in die Keetmanshoop landelike-kiesafdeling, Windhoek se landelike-kiesafdeling, sowel as op Swakopmund, Osahakati-Oos en die Rundu stedelike-kiesfagdeling. Die registrasie is net ‘n oefening en lede van die publiek word uitgenooi om deel te neem. Die normale bewyse van identiteit, verblyf en meer is nodig om deel te neem. Die kommissie herinner die publiek dat deelnemers nie geregistreer sal wees na die oefening nie omdat dit ‘n toetsloop is ter voorbereiding van massa-registrasie vir volgende jaar se verkiesing.
Leave a Reply