ECN sal koste van stemmery bekend moet maak

Home Uncategorized ECN sal koste van stemmery bekend moet maak
ECN sal koste van stemmery bekend moet maak

ECN sal koste van stemmery bekend moet maak

Die Tender Bulletin berig dat die verkrygingspoor van die 355 miljoen Namibiese dollar wat op die verkiesings spandeer is, wys dat geen openbare tender uitgereik is vir die foutiewe kieserverifikasietablette nie. Die ontvangers van 15 versoeke vir kwotasies vir verkiesingsmateriaal bly onbekend, nadat baie tenderpreneurs buitensporige pryse getender het. Sonder enige toekenningskennisgewings is dit onmoontlik om die totale koste van stemmateriaal te skat, behalwe die tender van 6,26 miljoen dollar vir die druk van stembriewe wat ingevolge noodverkryging uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links, die hoofnavorser by Namibia Fact Check, wat sê die Verkiesingskommissie sal oop kaarte moet speel.

source