Eco Atlantic Oil & Gas rig sy fokus op Walvis-kom
Eco Atlantic Oil and Gas, wat in Londen genoteer is, werk aan planne om volgende jaar vars seismiese data oor twee van sy vier lisensies in die Walviskom te verkry. Die maatskappy bedryf petroleum-eksplorasielisensies 97, 98, 99 en 100 in die kom, waar nog nie baie eksplorasie gedoen is nie, en probeer ‘n vennoot kry om die gebied verder te verken. Intussen soek dit ‘n omgewingsklaringsertifikaat om beide 2D en 3D-data oor sekere areas van belang te verkry, wat so gou as in Januarie 2025 kan begin.