Eerste aansoeke vir GMO-mielie-invoere – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Eerste aansoeke vir GMO-mielie-invoere – Kosmos 94.1
Eerste aansoeke vir GMO-mielie-invoere – Kosmos 94.1



Eerste aansoeke vir GMO-mielie-invoere

Kaap Agri het te kenne gegee dat hy aansoek sal doen by die Namibiese Bioveiligheidsraad om geneties-aangepaste mielies in te voer. Namibiese produsente word nie toegelaat om geneties aangepaste mielies aan te plant nie as gevolg van EU-uitvoere en verder, geen verwerkte mielies of koring mag na Namibië ingevoer word nie omdat plaaslike meulenaars beskerm word. Voer wat van geneties-aangepaste grane plaaslik vervaardig word, word deur die EU aanvaar en dus kan Namibiese beesvleis steeds uitgevoer word. Mielies sal moet ingevoer word wat geneties-aangepaste mielies insluit omdat Namibië se mielie-oes vanjaar op ‘n skamele 80 000 ton beraam word en die land verbruik 150 000 ton. Belangstellendes wat besware wil aanteken het 30 dae om so te doen. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.