Eerste hernubare energie in stelsel in Kaapstad
Growthpoint Properties het die eerste party geword wat in samewerking met die gelisensieerde elektrisiteitshandelaar, Etana Energy, hernubare energie deur Stad Kaapstad se kragnetwerk stuur. Elektrisiteit word tussen twee privaat partye gekoop en verkoop en die bestaande netwerk word gebruik om dit selfs oor lang afstande van die opwekkingsterrein na gebruikers te vervoer. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê hierdie proses wat in Engels “wheeling” genoem word, skep toegang tot bekostigbare hernubare energie en dra by om die land se kragkrisis op te los:
Leave a Reply