Eerste plaaslike film gaan Oscars toe
Die Namibiese film “Under the Hanging Tree”, wat deur Perivi Katjavivi geredigeer is, is gekies as inskrywing vir die Oscars in die internasionale kategorie. Dit is die eerste plaaslike film wat deur die Namibiese keurkomitee vir internasionale speelfilmtoekennings gekeur is om aan die Oscars deel te neem, sê die Namibiese Film Kommissie. Dit is ook die eerste wat voldoen aan die standaarde wat deur die Akademie-toekennings vereis word. Die film word beskryf as ‘n bonatuurlike storie oor ‘n onstuimige stadsbeampte wat gestuur word om ‘n moord in ‘n klein woestyndorpie te ondersoek.
Leave a Reply