EFF kap seksuele wangedrag deur onderwysers

Home Uncategorized EFF kap seksuele wangedrag deur onderwysers
EFF kap seksuele wangedrag deur onderwysers

EFF kap seksuele wangedrag deur onderwysers

Die EFF sê hy is geskok oor die toenemende voorkoms van wanoptrede deur onderwysers, veral gevalle van seksuele geweld in Suid-Afrikaanse skole. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys sê volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders is 22 onderwysers tussen 2023 en 2024 afgedank nadat hulle skuldig bevind is aan seksuele wanoptrede. Mathys sê onder die leierskap van die ANC word kinders in Suid-Afrika se veiligheid en welstand daagliks bedreig.

source