Eierstorting word deur owerhede ondersoek
Die voorsitter van die Pluimvee Produsente-vereniging, Rene Wentscher, het bevestig dat daar wel uitdagings is met die onwettige invoer van goedkoop Zambiese eiers, wat blykbaar net in transito deur die land beweeg vir uitvoere deur die hawe op Walvisbaai. Die eiers word dan plaaslik verkoop. Namibië is heeltemal selfversorgend met plaaslike eierproduksie, maar die storting deur Zambiese boere bly ‘n risiko vir die sektor. Wentscher sê hulle stel ondersoek in en werk nou saam met NamRA in die verband.
Leave a Reply