Eilandstate sukkel nog meer met klimaatsverandering – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Eilandstate sukkel nog meer met klimaatsverandering – Kosmos 94.1
Eilandstate sukkel nog meer met klimaatsverandering – Kosmos 94.1



Eilandstate sukkel nog meer met klimaatsverandering

Leiers van klein eilandstate het hulle Maandag tot die VN-maritieme hof gewend om beskerming van die wêreld se oseane te soek teen katastrofiese klimaatsverandering wat die bestaan van hele lande bedreig. Die nege eilandstate vra die Internasionale Tribunaal vir die Seereg om te bepaal of koolstofdioksiedvrystellings wat deur die oseane geabsorbeer word, as besoedeling beskou kan word, en indien wel, watter verpligtinge lande het om dit te voorkom. Die eerste minister van Antigua en Barbuda, Gaston Browne, het gesê die tyd het aangebreek om te praat in terme van wetlik bindende verpligtinge eerder as leë beloftes wat nie nagekom word nie, toe hy die hof in Hamburg, Duitsland, toegespreek het.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.