Ek bly net aan tot die verkiesings – President Mbumba
President Nangolo Mbumba het hulde aan sy voorganger, Hage Geingob, gebring kort na hy ingsweer is as vierde president van Namibië. Dit volg na Geingob se afsterwe vroeg Sondagoggend. Hy het gevra vir eenheid en sy amp so uiteengesit.
En Mbumba het Netumbo Nandi-Ndaitwah as sy adjunk aangestel. Sy sal staan vir president in die November verkiesings maar sê sy sal die pligte van haar nuwe pos met eer uitvoer.
Mbumba het ‘n amptelike rou-periode vir Namibië aangekondig. Dit begin vandag en sal tot ‘n einde kom wanneer dr. Hage Geingob ter ruste gelê word. Die datum van sy begrafnis is nog nie bekend nie.
Leave a Reply