Ekurhuleni maak skoon
Die Stad Ekurhuleni sê hy gaan ‘n skoonmaakveldtog van stapel stuur as deel van die Nasionale Skoonmaak- en Herwinningsweek. Die fokus word geplaas op verskeie omgewingsuitdagings, insluitend onwettige storting, krappery in vullishouers, onderhoudswerk aan begraafplase en opruimingswerk in oop gebiede, waterruimtes en sypaadjies. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die week is ‘n jaarlikse program wat klem plaas op die noodsaaklikheid van ‘n skoner omgewing deur samewerking:
Leave a Reply