Klimaatsverandering & beesboerdery: Elke boer het verantwoordelikheid om weiding te bestuur
Daar is kommer oor beesboerdery in die sentrale gebied met voorspellings dat klimaatsverandering die produktiwiteit van grond negatief kan beïnvloed. Die kwaliteit van landbougrond kan met 42 persent teen 2050 daal en teen 2080, sal produktiwiteit met amper 60 persent daal met die sentrale gebied wat die hardste getref word. Kosmos 94.1 Nuus, het met Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie gesels. Hy sê elke produsent het ‘n verantwoordelikheid om sy weiding noukeurig te bestuur.
Leave a Reply