Ella du Plessis soek nuwe koshuis
Daar word berig dat die brand by Ella du Plessis Sekondêre Skool tussen 5 en 10 miljoen Namibiese dollar se skade aangerig het. Die meisieskoshuis het Woensdag aan die brand geslaan. Ondersoeke na die oorsaak is steeds aan die gang maar, groot skade is aangerig omdat die gebou oud is en voorafvervaardigde materiaal is ook gebruik. Daar word beraam dat dit dalk nie moontlik sal wees om herstelwerk te doen nie en die gebou moet dalk gesloop word.
Leave a Reply