Engeland lelik ontnugter met 42-37 verlies

Home Uncategorized Engeland lelik ontnugter met 42-37 verlies
Engeland lelik ontnugter met 42-37 verlies

Engeland lelik ontnugter met 42-37 verlies

Engeland, wat die gunstelinge was in hulle kragmeting teen die Wallabies op Twickenham, is ontnugter toe hulle met 42-37 teen die besoekers verloor het. ‘n Drie in die doodsnikke deur die plaasvervanger-agterspeler Max Jorgensen het die wedstryd vir die Aussies vasgeknoop. In ander kragmetings het Argentinië Italië met 50-18 vermorsel, Frankryk het Japan met 52-12 ondergesit en Portugal het tuis met 21-17 teen die VSA verloor. Die Bokke pak Skotland vanaand op Murrayfield in ‘n wedstryd wat gretig afgewag word. Dit skop sesuur af.

source