Engelse Rose eerste span in Kaapstad vir Netbal-wêreldbeker
Met net twee weke oor voordat die Netbalwêreldbeker 2023 afskop, is Engeland die eerste besoekende span wat in Kaapstad aangekom het. Die toernooi word van 28 Julie tot 6 Augustus in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gespeel. Die Engelse Rose het van die begin van die toernooi in 1963 af aan elke uitgawe deelgeneem, met hulle beste uitslag wat ‘n tweede plek in 1975 was. Daarby het hulle ses bronsmedaljes inge-oes – die mees onlandse een, vier jaar gelede, tuis, in Liverpool.
Leave a Reply