Fishrot: Esau eis regsman van sy keuse, GRN moet betaal
Die partye in die Fishrot-saak het vanoggend vlugtig voor regter Kobus Miller voorgekom om te bepaal of die partye gereed is vir die formele verhoor wat beplan word vir 2 Oktober vanjaar. Die staat het bevestig hy is gereed maar die verdediging vra uitstel. Daar is blykbaar te veel stukke om in twee maande volledig te voltooi. Die verdagtes is sedert 27 November 2019 agter tralies. Miller het die saak uitgestel tot 20 September vir ‘n statusverhoor. Tydens die sessie het die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, gesê hy verwag dat die staat sy regskoste sal dek omdat hy in sy hoedanigheid as minister aangekla word. Miller het Esau daaraan herinner dat hy die reg het om om regshulp aansoek te doen, maar Esau meen dat hy ‘n regsverteenwoordiger van sy eie keuse wil hê, en dat die staat die finansiële las daarvoor moet dra. Dit volg op die onttrekking van die prominente prokureur Richard Metcalfe as Esau se regsverteenwoordiger.
Leave a Reply