Esau ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca toegeken het – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Esau ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca toegeken het – Kosmos 94.1
Esau ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca toegeken het – Kosmos 94.1



Esau ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca toegeken het

Bernhardt Esau, die voormalige minister van visserye hulpbronne en Fishrot-beskuldige, het ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca Limitada, ‘n Angolese maatskappy toegeken het. Esau het vandag in sy getuienis by sy formele borgtogaansoek in die Windhoekse hoërhof aan regter David Mungunda gesê hy was nie in beheer van die toekenning van visvangkwotas nie. Hy het getuig die ooreenkoms om Namgomar Pesca te nomineer as die Angolese entiteit wat die kwotas ontvang, kom van die kantoor van sy destydse permanente sekretaris, Ulitala Hiveluah. Esau het ook ontken dat hy ‘n hand in die Angola-Namibiese bilaterale visvang-ooreenkoms gehad het. Hy het getuig dat dit bloot as ‘n aanbeveling na sy kantoor gekom het en dat hy eers deur die permanente sekretaris ingelig is nadat daar reeds op die ooreenkoms besluit is.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.