Eskom is bankrot. Punt.
Die DA sê Eskom se mislukking om beurtkrag onder beheer te kry, beteken sy finansiële krisis gaan nie verander nie, selfs al word elektrisiteit se prys jaarliks bo die inflasiekoers verhoog. Die kragvoorsiener het in die 2022/2023-boekjaar ʼn netto-verlies van 23,9 miljard Suid-Afrikaanse rand gehad teenoor die 12 miljard rand in die vorige boekjaar. Ghaleb Cachalia van die DA sê dis duidelik Eskom is bankrot en geen reddingsboeie wat deur belastingbetalers befonds word, gaan die kragvoorsiener ooit weer winsgewend maak nie:
Leave a Reply