Eskom se diesel-geld byna op
Die DA sê Eskom het nou bevestig hy het sy begroting vir diesel uitgeput. Die party sê Eskom se verouderde steenkoolkragstasies sukkel om genoeg krag op te wek om in die vraag te voorsien. Die afname in die gebruik van oopsiklus-gasturbines bring mee dat Suid-Afrikaners tot in die Desembervakansie steeds verhoogde vlakke van beurtkrag sal ervaar. ʼn Woordvoerder van die DA, Mimmy Gondwe, sê Eskom het volgens berigte net 3,6 miljard Suid-Afrikaanse rand oor om diesel te koop om die turbines aan te dryf.
Leave a Reply