EskomSePush-toepassing wen toekenning
Die beurtkrag-toepassing, EskomSePush, is met die Gail Day Unsung Heroes-toekenning vereer wat deur die Vryemarkstigting in Kaapstad toegeken word. Die toekenning vereer onbesonge helde, wat ‘n positiewe uitwerking het. Die stigting se uitvoerende hoof, David Ansara, sê die toekennings gee erkenning aan hoe die burgerlike samelewing en private ondernemings die gevolge van die mislukking van die staat kan versag. Die medestigter van EskomSePush, Dan Southwood-Wells, sê Suid-Afrikaners vertrou die toepassing vanweë die waarde van sy bydrae om betyds inligting oor beurtkrag te verskaf.
Leave a Reply