Eswatini se stemmery lok baie kommentaar uit
Daar is geen geweld tydens Eswatini se algemene verkiesing Saterdag aangemeld nie. Pro-demokratiese aktiviste het weggebly en meen die verkiesing is ‘n mors van tyd. Kiesers moes vir 59 parlementslede, wat ‘n adviserende rol vir koning Mswati III vervul, stem. Mswati is reeds 37 jaar op die land se troon en word beskuldig van menseregtevergrype en meer. Eswatini is Afrika se laaste absolute monargie. In 2018 het net ‘n derde van stemgeregtigde kiesers in die verkiesing deelgeneem. Die land se verkiesingskommissie sê hy is tans besig om stemme te tel.
Leave a Reply