Etosha Canneries kry kwota om sluiting af te weer
Etosha Canneries, wat sedert die 1940’s sardyne inmaak, was weens ‘n tekort aan vis vir inmaak van plan om sy werknemers teen 31 Julie vanjaar af te dank. Die maatskappy voer voorraad reeds ‘n geruime tyd in as gevolg van tekorte in Namibiese waters. In Junie het visserye-minister Derek Klazen aangekondig dat 5 000 metrieke ton aan die maatskappy toegeken sal word om te verseker dat dit nie sluit nie. Klazen het in die Nasionale Vergadering die totale hoeveelheid visvangkwotas wat aan Etosha Canneries toegeken is, aangekondig.
Leave a Reply