Etosha se paaie sal N$1,3 miljard kos
Die Namibiese Padfonds-administrasie het ‘n ooreenkoms van verstandhouding met die ministerie van Omgewing, Bosbou en Toerisme onderteken vir die opgradering van die Etosha Nasionale Park in die noorde van die land. Die park se paaie het die afgelope tyd die nuus gehaal omdat hulle in so swak toestand is. Die ministerie gaan 1,3 miljard Namibiese dollar bestee aan die rehabilitasie van paaie om die park meer toeganklik en besoekersvriendelik te maak. Die uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het met die media gepraat.
Leave a Reply