EU, Duitsland help kommunale boere met infrastruktuur – Kosmos 94.1

Home Uncategorized EU, Duitsland help kommunale boere met infrastruktuur – Kosmos 94.1
EU, Duitsland help kommunale boere met infrastruktuur – Kosmos 94.1



EU, Duitsland help kommunale boere met infrastruktuur

Die Europese Unie en Duitsland deur die KfW Ontwikkelingsbank verskaf ontwikkelings-ondersteuning aan Namibiese landbouministerie se Program vir Kommunale Grond-ontwikkeling. Die minister Calle Schlettwein, en verteenwoordigers van die ontwikkelings-vennote oorhandig vandag infrastruktuur ter waarde van 23,8 miljoen Namibiese dollar aan kommunale boere van Amarika in die Omusati-streek. Dit is geoormerk vir 40 000 hektaar kommunale grond om infrastruktuur vir lewendehawe te ontwikkel. Dit sluit onder meer in 74 boorgate, 169 kilometer se waterpypleidings, heinings van 877 kilometer en 20 bees-hanteringsgeriewe.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.