EU-sertifikate verval, produsente moet op let
Die Namibiese Landbou-unie maan produsente om te verseker dat hulle bewus bly van die geldigheidstydperk van hul EU-sertifikate en die nodige reëlings tref om sertifikate te hernu voor hulle verval. Sertifikate wat verlede jaar in November uitgereik is, is slegs vir een jaar geldig en sal in November 2023 verval. Die unie sê Meatco sê opgedateerde en geldige EU-sertifikate is nodig om te verhoed dat beeste deur die slagpale geweier word en teruggestuur word na die plaas van oorsprong as gevolg van nie-nakoming van EU-uitvoerbeperkings. Daar moet kennis geneem word dat diere sonder ‘n geldige EU-sertifikaat, plus die res van die vereiste dokumentasie, nie geslag sal word nie.
Leave a Reply