F1: Ecclestone kry opgeskorte vonnis

Home Uncategorized F1: Ecclestone kry opgeskorte vonnis
F1: Ecclestone kry opgeskorte vonnis



F1: Ecclestone kry opgeskorte vonnis

Die voormalige uitvoerende hoof van Formule Een, Bernie Ecclestone, is ʼn opgeskorte vonnis opgelê nadat hy skuld erken het aan bedrog. Die 92-jarige Britse sakemagnaat het in ʼn hof in Londen verskyn en erken hy het nagelaat om ʼn bedrag gelyk aan 9,2 miljard Namibiese dollar in ʼn trust in Singapoer te verklaar. Hy het voorheen die aanklag ontken en sou volgende maand verhoor word. Die hof is meegedeel Ecclestone het met die belastingowerhede geskik en ingestem om vroeg volgende maand 15,1 miljard dollar terug te betaal. Sy vonnis van 17 maande is vir twee jaar opgeskort.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.