Farrell se rooikaart is omgekeer
Die Engelse kaptein, Owen Farrell, se rooikaart teen Wallis is omgekeer, wat beteken hy kan nou in die Wêreldbeker-toernooi speel. Hy het tydens Engeland se oorwinning verlede week Saterdag op Twickenham, ‘n rooikaart gekry vir ‘n hoogvat op Taine Basham. Die 31-jarige Farrell het gister voor ’n video-tugverhoor verskyn waar die kaart danksy versagtende omstandighede omgekeer is, omdat Basham deur Jamie George gestamp is, voordat Farrell hom getref het. Engeland se laaste Wêreldbeker-opwarmingswedstryde is Saterdag teen Ierland in Dublin, en volgende naweek teen Fidji op Twickenham.
Leave a Reply