Fenomenale herstel in besettingsyfers in ’23
Die nasionale besettingskoers het in Desember verlede jaar op 39 persent ingekom wat bydra tot ‘n jaarlikse totaal van 51,68 persent. Die algehele syfer vir die jaar oortref die 2022-totaal aansienlik met ‘n hoogtepunt van amper 69 persent in Augustus. As maatstaf teen die pre-pandemiese vlak van 2019, wat op 53,5 persent aangeteken is, is die herstel in 2023 aansienlik en net 1,82 persentasiepunte minder as 2019 is. Die ekonomiese impak strek verder as die gasvryheidsektor, wat verbruik in groot- en kleinhandel beïnvloed, voertuigverkope deur verhuringsmaatskappye, wat uiteindelik tot algehele ekonomiese groei bydra. Volgens IJG Sekuriteite wat die ontleding gedoen het, toon die groeitrajek, baie goeie vooruitsigte vir toerisme in 2024.
Leave a Reply