Fishrot-regter wys aansoek dat hy onttrek van die hand

Home Uncategorized Fishrot-regter wys aansoek dat hy onttrek van die hand
Fishrot-regter wys aansoek dat hy onttrek van die hand

Fishrot-regter wys aansoek dat hy onttrek van die hand

Fishrot-regter Moses Chinhengo het die aansoek wat gebring is dat hy as regter in die saak moet onttrek, van die hand gewys. Hy het beslis dat die aansoek geen meriete het nie. Net een van die beskuldigdes, Nigel van Wyk, het die aansoek gebring, via sy verdedigingsadvokaat, Mbanga Siyomunji. Oudminister Sacky Shanghala het ook ‘n brief geskryf aan president Nangolo Mbumba oor Chinhengo se aanstelling. Sommige kenners is van mening dat die groep beskuldigdes uitstel broodnodig het omdat hulle nie geld het om hulle eie regslui aan te stel nie. Regter Chinhengo lewer sy uitspraak.

Advokaat Mbanga Siyomunji het aangedui dat hy vir verlof tot appèl na die Hooggeregshof gaan aansoek doen.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.