Floyd sê hy en Julius is steeds tjommas
Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, het sprake van tweespalt tussen hom en die partyleier Julius Malema verwerp. Shivambu het reageer op Malema se opmerkings tydens die EFF se tiende verjaarsdag-galadinee en verduidelik dat die partyleier se opmerking nie op hom gerig was nie. Op verlede week se dinee het Malema ‘n waarskuwing uitgereik aan die leiers van die party, wat Shivambu ingesluit het, teen pogings om agter sy rug teen hom saam te sweer. Shivambu sê die EFF is steeds ‘n standvastige party:
Leave a Reply