FlyNamiba skort vlugte tussen Eros en Walvis op
FlyNamibia is het die opskorting van sy binnelandse vlugte tussen Eros-lughawe in Windhoek en Walvisbaai aangekondig, effektief vanaf 1 Augustus. FlyNamibia sê in ‘n mediaverklaring hierdie besluit kom na noukeurige evaluering van die roete se prestasie en noodsaak ongelukkig die kansellasie van hierdie vlugte. Die lugredery sê ten spyte van hul beste pogings om die Eros-Walvisbaai-roete suksesvol te bedryf, het dit duidelik geword dat die resultate nie aan hul verwagtinge voldoen het nie. Na deeglike evaluering en oorweging van verskeie faktore, insluitend passasiersvraag en operasionele lewensvatbaarheid, het FlyNamibia die moeilike besluit geneem om hierdie vlugte te staak.
Leave a Reply