Frankryk vlieg sy landsburgers uit Niger
Frankryk sal vanaf vandag Franse en Europese burgers uit Niger ontruim. Italië het ook aangekondig dat hy ‘n spesiale vlug aanbied om sy burgers uit die hoofstad Niamey te repatrieer. Niger se grense is gesluit vir kommersiële vlugte sedert die weermag President Mohamed Bazoum se regering omvergewerp het. Dit is die sewende militêre oorname in minder as drie jaar in Wes- en Sentraal-Afrika en dit het skokgolwe oor die streek gestuur, waar Niger se Westerse bondgenote vrees om invloed aan Rusland te verloor. Die voormalige koloniale mag Frankryk het vir amper tien jaar troepe in die streek wat help om ‘n Islamitiese opstand te beveg, maar sommige plaaslike inwoners sê hulle wil hê die voormalige koloniale mag moet ophou om in hul sake in te gryp.
Leave a Reply