Rugby: Frans Steyn tree uit weens beserings
Rugby: Die twee-malige Wêreldbeker-wenner Frans Steyn het sy uittrede weens beserings aangekondig wat ‘n einde aan sy skitterende loopbaan van 17 jaar bring. Die veteraan-Springbok en Cheetahs-agterspeler sukkel sedert Maart met ‘n kniebesering. Hy sê hy het nie gedink dis hoe sy loopbaan sal eindig nie want elke speler wil dit op sy eie voorwaardes doen. Steyn sê hy is bevoorreg om so lank te kon speel en is oor niks spyt nie. Hy het in 78 toetse vir die Springbokke uitgedraf en 165 punte aangeteken. Dit sluit elf drieë in.
Leave a Reply