Franse wynmakers begin in die nag oes – dis te warm
In Frankryk se suidelike Bordeaux-streek word die druiwe-oes dikwels nou in die nag gedoen om varsheid wat nodig is om die beste wyn te maak, te verseker. Dit blyk volgens berigte, om ‘n reaksie op klimaatsverandering te wees omdat die land steeds in ‘n hittegolf vasgevang is met 20 grade Celsius wat vyf-uur in die oggend aangeteken word. Om in die nag te oes is reeds ‘n algemene praktyk in verskeie wynmaaklande met warm somers, maar een wat waarskynlik selfs meer algemeen sal word namate klimaatsverandering versnel.
Leave a Reply