Gavin-moord: 2 verskyn, uitgestel tot April
Quanito van Vuuren en Moses Sem, albei 20 jaar oud, het in die landdroshof op Walvisbaai verskyn op klagte van moord, verkragting en roof in verband met die dood van die 53-jarige Vernon Gavin op Walvisbaai op 30 Desember. Die beskuldigdes weier die klag van verkragting en het aan die hof gesê hulle eis DNS-toetse. Daar word beweer dat hulle saam met Gavin gekuier het in sy huis. Gavin is naak, vasgebind en met ‘n waslap in sy mond gestop, deur sy bure gevind na hulle onraad vermoed het. Sem en Van Vuuren het volgens die polisie besit van Gavin se selfoon gehad. Daar is verskeie ander items in sy motor in die geslote motorhuis gevind. Die saak is tot 2 April uitgestel en die twee bly in aanhouding.
Leave a Reply