Gaza: Biden hoop vir ooreenkoms teen Maandag
Die Amerikaanse president Joe Biden sê ʼn nuwe ooreenkoms vir ʼn tydelike skietstilstand tussen Israel en Hamas kan hopelik teen Maandag bereik word. Amerika, Egipte en Katar werk aan ʼn gyselaar-ooreenkoms tussen Israel en Hamas wat daartoe kan lei dat gevegte minstens ses weke lank gestaak word. Die ooreenkoms kan volgens berigte beteken dat Hamas meer gyselaars vrylaat, dat Israel talle Palestynse gevangenes vrylaat en honderde vragmotors met hulp veilig na Gaza gaan.
Leave a Reply