Gazastrook binnekort sonder krag
Die Gazastrook sal na verwagting enige oomblik sonder krag wees weens ‘n tekort aan brandstof vir sy enigste kragsentrale. Israel het kort na die naweek se bloedige inval deur Hamas-militante aangekondig hy gaan alle voorrade aan Gaza afsny. Alle kruisings is gesluit en dit is onmoontlik om brandstof vir die aanleg of kragopwekkers in te bring. Intussen word berig die Israelse Weermag het missiele na Libanon afgevuur nadat Hezbollah-militante in die land aanspreeklikheid aanvaar het vir ‘n vuurpylaanval op Israel vanoggend.
Leave a Reply