GBV-gevalle verdubbel… hoe maak ons ons seuns groot?
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië se aangemelde gevalle van geslagsgeweld skerp gestyg het. Tussen 2020 tot Julie 2022 is 10 478 gevalle gerapporteer, of 11 gevalle elke dag. In 2023 het dit verdubbel na 8 076, of 22 gevalle daagliks. Die hoë werkloosheidsyfer onder mans word aangehaal as een van die dryfvere van die geweld. Maatskaplike aktivis Ethne Mudge, sê daar moet meer aandag gegee word aan hoe seuns grootgemaak word.